Wednesday, 7 October 2015

Spek-en-lewer-skilpadjies




Spek-en-lewer-skilpadjies
Bestanddele
1,5 - 2 kg netvet...
750 g skaaplewer, skoongemaak
1 pakkie spekrepies
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 sny witbrood
½ teelepel (2,5 ml) fyngemaalde naeltjies

½ teelepel (2,5 ml) neutmuskaat
½ teelepel (2,5 ml) vars tiemie, fyngekap
2 eetlepels (30 ml) bruinasyn
2 eetlepels (30 ml) Worcestersous
sout en swartpeper na smaak
Metode
Week die netvet in warm water tot sag.
Week die lewer in melk vir ± 1 uur.
Sny die helfte van die spek in kleiner stukkies en plaas saam met die res van die bestanddele, behalwe die netvet, in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn.
Sny die dik rante van die netvet af en sny in ± 12 vierkante van 10 x 10 cm.
Skep ’n eetlepel van die mengsel op elke vierkant en vou netjies toe.
Draai ’n repie spek om elk en steek met ’n tandestokkie vas.
Braai die skilpadjies oor matige kole vir 30 – 45 minute of in ’n pan tot die spek bros is en die vulsel gaar is.
Bedien tradisioneel met krummelpap en tamatiesmoor.