Wednesday 7 October 2015

Gerolde Spekbroodjies




Gerolde Spekbroodjies
Bestanddele
8 snye wit- of bruinbrood, korsies afgesny...
8 teelepels (40 ml) songedroogde tamatiepesto
300 g mozarellakaas
16 spekrepies

Metode
Voorverhit die oond to 180°C.
Spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei.
Rol die snye brood liggies met ‘n koekroller plat, en smeer ‘n teelepel tamatiepesto op elke sny.
Sny die mozarellakaas in 8 eweredige stafies.
Rol elke stafie in ‘n spekrepie toe.
Rol die stafies netjies in ‘n snytjie brood toe en draai ‘n spekrepie om elke rolletjie.
Steek dit vas met ‘n tandestokkie of twee.
Rangskik die rolletjies op 'n bakplaat, en plaas in die oond vir ±15 minute.
Verhoog die hitte tot 220°C vir 8 tot 10 minute, of tot die spek goudbruin en gaar is.