Tuesday 13 October 2015

Muesli-en-karringmelkbeskuit




Muesli-en-karringmelkbeskuit
Lewer sowat 70 stukke
 Bereiding: 15 minute
 Baktyd: 45-50 minute
 Uitdroogtyd: 3-4 uur
500 g botter of margarien
 25 ml (5 t) melasse
 500 ml (2 k) karringmelk
 2 eiers, geklits
 1 kg bruismeel
 15 ml (1 e) bakpoeier
 5 ml (1 t) sout
 400 ml sagte bruinsuiker
 750 ml (3 k) muesli
 200 ml klapper
 80 ml (1⁄3 k) pampoenpitte
 100 ml heel amandels, helfte grof gekap
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer drie klein broodpanne (18 cm x 9 cm elk) deeglik.
1.Smelt die botter of margarien. Laat dit effens afkoel en klits die melasse, karringmelk en eiers daarby in.
2.Meng die res van die bestanddele goed en voeg die bottermengsel by. Roer met ’n houtlepel om goed te meng. Skep die deeg in die panne en druk dit gelyk.
3.Bak 45-50 minute of tot goudbruin en gaar. Laat die beskuit 15 minute in die panne afkoel. Keer dit dan uit op draadrakkies sodat dit heeltemal kan afkoel.
4.Sny dit in stukke of breek dit versigtig.
5.Laat die beskuit 3-4 uur uitdroog.