Thursday 29 October 2015

Pizza Wiele





Pizza Wiele
Jy benodig die volgende:

1 pakkie deeg (koop sommer by die supermark) (kan ook ‘n rolletjie skilferkorsdeeg gebruik)
Vleis van jou keuse gesny
Kaas gerasper

1 eier
Sout, swartpeper en geurmiddels van jou keuse

 
Rol die deeg lekker plat op meel oppervlak uit, deel in 2 of 3 gelyke dele.
Plaas die vleis eweredig op die uitgerolde deeg. 
Sprinkel kaas bo-oor.
Strooi geurmiddels, sout en swartpeper oor.
Rol die deeg nou op en sit op bakplaat.
Smeer die geklitste eier bo-oor.
Voorverhit oond 180C en bak vir 20 min tot goudbruin
Sny die deeg nou in wiele