Thursday 29 October 2015

WASGOEDBONDELTJIES





Sommer 'n oulike idee vir 'n partytjie. 
Vetkoekies op 'n stokkie.

Dit laat my sommer dink aan die volgende resep:
WASGOEDBONDELTJIES
KORS:
 500 ml (2Kop) Koekmeel
 1,5 ml Sout
 10 ml bakpoeier
 125g Margarien
 Sif droë saam en vryf margarien liggies daarin.
 Voeg yswater bietjie vir bietjie by todat dit ‘n maklike hanteerbare deeg vorm.
 Rol deeg uit en sny in vierkante van ± 4 cm
 Skep koue vulsel op elke vierkant en vou punte na die middel. Steek vas met kruienaaltjie.
 Bak elke bondeltjie in diepolie tot goudbruin.
 Bondeltjies kan rou gevries word tot benodig.

 VLEISVULSEL:
 750g Maalvleis
 2 gekapte Tamaties
 Mespunt fyn Naaltjies
 3ml fyn Gemmer
 5ml fyn Koljander
 30 ml Asyn
 10 ml Sout
 1ml Peper
 2 gekapte Uie
 2 fyn Knoffelhuisies
 2-3 groot Aartappels in klein blokkies gesny.
 Braai uie en knoffel in margarien tot deurskynend. Voeg vleis by en kook tot gaar.
 Laat afkoel voor gebruik