Thursday 29 October 2015

GEMMERKOEKIES




GEMMERKOEKIES
Bestanddele:
500 ml gouestroop
450 g botter by kamertemperatuur (500 ml)
2 eiers
50 ml asyn
50 ml fyn gemmer
15 ml kaneel
5 ml fyn kruienaeltjies
400 g ligte bruin suiker (500 ml)
1,050 kg (8 koppies koekmeel)
30 g koeksoda (37,5 ml)
10 ml sout
Meng die gouestroop, botter, eiers, asyn, gemmer, kaneel en naeltjies saam in n skottel. Roer die suiker by. Sif koekmeel, koeksoda en sout saam en meng dit met die suikermengsel.
Bedek die deeg en verkoel dit n paar uur in die koelkas. (Ek los myne oornag in die koelkas en bak dit dan die volgende oggend.)
Voorverhit die oond tot 200 grade C. Smeer die bakplate.
Rol die deeg tussen die handpalms in okkerneut-grootte balletjies. Plaas die balletjies n entjie uitmekaar op die bakplate.
Bak die koekies vir ongeveer 12 minute of tot mooi bruin op die middelste oondrak. Laat hulle effens op die bakplate afkoel en plaas hulle dan op n draadrak om heeltemal koud te word.
Bewaar die koekies in digte houers sodat hulle bros bly.
Die resep lewer 20 dosyn gemmerkoekies. Dit bly lank vars, kan ook suksesvol gevries word.