Thursday 22 October 2015

Kersfees Versiering Idees




Vrolik ’n steriele kombuis op met yskasmagnete en ander tierlantyntjies in die vorm van ’n boom. So kan jy jou warmte deel met elkeen wat iets koels kom haal.





Dié krans is van oorskietstukke PVC-pyp gemaak wat in ewe lang lengtes gesny en met PVC-sement aanmekaar geheg is. Hang dit aan ’n motorhuis- of werkkamerdeur vir selfdoen-inspirasie.




Maak ’n treffende krans vir jou kombuisdeur met weggooilepeltjies. Plak ’n bont versameling plastiek- of eenvoudige houtlepeltjies – selfs roomysstokkies sal werk – op ’n kartonskyf en rond dit af met ’n Kerslint. Dié lepeltjies is van Hanco Packaging (www.hancopack.co.za).



Hierdie eenvoudige Kersboom van takke is die perfekte plek om jou Kerskaartjies uit te stal. Gebruik twee lang takke om ’n driehoek te vorm, en korter takke as dwars-latte om jou Kerskaartjies aan te hang.




Weerspieël jou beste wense in die vorm van ’n boom – met lipstiffie! Voeg gerus ’n paar blink balle by vir ekstra blieng. As die fees verby is, kan jy die spiel eenvoudig met ’n spesiale glasdoekie skoonvee.



Gemmerkoekiedeeg word lekker hard wanneer dit gebak word, en is dus ideaal om Kersboomkoekies of selfs ’n Kersboompie te maak. Vorm een groot driehoek en twee die helfte so groot met die deeg en bak dit. Meng versiersuiker en eierwit tot ’n dik, wit versiersel en gebruik dit om die driehoeke met lekkers te versier. Sodra dit droog is, heg die twee halwe driehoeke aan die groot driehoek om ’n boompie te vorm.



Bekostigbare Kersversiersels, sodat elke huis kan spog met ’n helder somerfees.

Kies ’n tee-ma
Dis partytjietyd, en buite in die tuin is die beste plek vir somerkuiers. Tooi jou boom met ’n doek en teegoed wat by jou tema pas en verwyl die middag al kwetterend saam met ander vrolike siele.




Draai ’n verskeidenheid soetgoed in helderkleurige papiertjies toe en versier ’n vormboompie daarmee. Almal sal die vrugte van jou lollieboom wil pluk.




Ruwe takke uit die veld vertel ’n ekovriendelike storie. Bind ’n paar in die tradisionele Kersboomvorm, versier met tuisgemaakte tooisels en pak jou geskenke daaronder.



eenvoudig dog treffend met toiletpaper rolletjies en kersballe

Bron:  Facebook / In en om die huis members shared photos and ideas