Tuesday 6 October 2015

GLUTENVRY: Miljoenêr se brosbeskuit



GLUTENVRY: Miljoenêr se brosbeskuit
Maak: omtrent 20
Bereidingstyd: 45 minute, plus yskastyd
Baktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180°C



Broskoekies
• 145 g (250 ml) mielieblom
• 145 g (200 ml) rysmeel
• 35 g (50 ml) sojameel
• 65 g (125 ml) versiersuiker
• 180 g (195 ml) koue botter

Karamel
• 1 blik kondensmelk
• 125 g (135 ml) gesoute botter
• 150 g (175 ml) bruinsuiker
• 100 ml melk

Bolaag
• 240 g donkersjokolade
• 60 ml gesmelte botter

1 Brosbeskuit Meng al die droë bestanddele saam. Vryf die botter daarby in en vorm dit in ’n bol. Gooi ’n bietjie water by indien nodig. Druk dit onder in ’n 23 x 23 cm-bakpan vas en sit dit vir ’n uur in die yskas. Bak dan vir 15 minute in die verhitte oond tot amper gaar.
2
Karamel Smelt al die bestanddele vir die karamel oor ’n lae hitte. Sit die plaat effens hoër en roer die heeltyd tot die karamel verdik en wegtrek van die kante af. Gooi oor die koekiebasis en bak vir 15 minute. Laat afkoel en sit vir twee uur in die yskas.
3 Bolaag Smelt die sjokolade en botter saam en gooi dit oor die afgekoelde karamellaag. Smeer oraloor die karamel en sit in die yskas om te stol. Sny met ’n warm mes in vierkante. Bêre in ’n lugdigte houer.