Tuesday 6 October 2015

Kruie Sardienkoekies




Kruie Sardienkoekies

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 25-30 min.
Gaarmaak: 10 min....

VISKOEKIES:
4 aartappels, geskil en gekook
2 x 400 g-blikke sardiens in tamatiesous,
grate verwyder en grof gevlok
1 eier, geklits
1 ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
5 ml (1 t) suurlemoenpeper
10 ml (2 t) visspeserye
10 g pietersielie, gekap
45 ml (3 e) gekapte grasuie
30 ml (2 e) suurlemoensap
sout en vars gemaalde peper

KRUIEKRUMMEL:
2 eiers
60 ml (¼ k) melk
250 ml (1 k) broodkrummels
10 g pietersielie, gekap
10 g koljanderblare, gekap
gerasperde skil van 1 suurlemoen

JOGURTSOUS:
180 ml (¾ k) natuurlike jogurt
30 ml (2 e) mayonnaise
10 g pietersielie, gekap

Viskoekies:
1. Druk die aartappels fyn en meng die res van die bestanddele versigtig daarby in.
2. Geur na smaak met die sout en peper.

Kruiekrummel:
1. Klits die eiers en melk saam en giet in ’n plat bakkie.
2. Meng die broodkrummels, kruie en suurlemoenskil goed en gooi in ’n ander plat bakkie.
3. Vorm koekies van die vismengsel en doop elkeen versigtig in die eiermengsel en dan in die krummelmengsel.
4. Doop weer in die eier en dan in die krummels.
5. Pak op ’n bord en verkoel minstens 15 min.
6. Verhit ’n bietjie olie in ’n kleefvrye pan en braai die viskoekies in sarsies tot goudbruin aan albei kante en deurwarm.

**Dreineer op kombuispapier.

Jogurtsous:
Meng die jogurt, mayonnaise en pietersielie en geur met sout.

**Sit voor saam met die viskoekies, suurlemoenwiggies en ’n groenslaai.