Wednesday 7 October 2015

Lemoen Glimlagte




Lemoen Glimlagte
Bestanddele
4 lemoene...
2 piesangs
1 appel
1 pakkie jellie, enige geur

Metode
Sny 'n "dekseltjie" af van die lemoene.
Hol dit uit.
Verpulp die vlees van die lemoene saam met die appel en piesang.
Maak die jellie aan.
Voeg die verpulpte vrugte by net voor dit stol.
Meng goed, en plaas dit in die lemoene.
Sit die deksels terug en vries oornag in die yskas.
Sny dit in ringe of skywe net voor opdiening.
Versier na smaak.
Kinders is mal hieroor.