Friday 16 October 2015

Jaffel Idees




Jaffels:  dit voel altyd vir my 'n kerksbasaar is nie 'n basaar sonder jaffels, pannekoek en basaarpoeding nie (foto is 'n bobotie jaffel).  Hierdie is ook 'n lekker manier om daardie klein bietjies maalvleis, kouevleis, ens te gebruik

Smoked Snoek & Chutney Jaffles
Makes 4 jaffles
8 slices brown bread
 butter
 15ml olive oil
 1 large red onion, chopped
 400g smoked snoek, flaked
 2 medium-sized potatoes, peeled, cooked and diced
 30ml tomato chutney
 10ml fresh lemon juice
 freshly ground black pepper
 1 tomato, diced (optional)
 fresh watercress
 1 Butter the bread.
 2 Heat the olive oil in a frying pan and sauté the
 chopped onion until soft and glossy. Add the snoek and potatoes and stir
 through. Add the tomato chutney and lemon juice and season to taste
 with pepper; add a diced tomato if you like, especially if the fish is
 dry. Allow the filling to cool completely.
 3 Divide the filling between four slices of bread, then
 close the sandwich with the remaining slices, remembering to keep the
 buttered sides on the outside. Toast one sandwich at a time in the
 jaffle pan over a gas hob until golden brown and crisp on both sides.
 Serve with fresh watercress and extra chutney.

Kerriemaalvleis-met-cheddar-en-paprika
Jy benodig
 sonneblomolie vir panbraai
 1 middelslag-ui, fyngekap
 1 eetlepel kerriepoeier
 1 eetlepel borrie
 1 eetlepel masala
 1 eetlepel paprika
 sout en peper na smaak
 1 klein blikkie (65 g) tamatiepasta
 2 wortels, gerasper
 500 g maalvleis
 1 blikkie (425 g) gemengde groente
 1 koppie gerasperde cheddarkaas
 botter vir smeer
 2 dik snye brood per persoon
Só maak jy
 1 Verhit die olie in ’n pan en braai die ui oor lae hitte tot glansend.
 2 Voeg al die speserye, geurmiddels, tamatiepasta en wortels by en braai dit vir sowat 5 minute.
 3 Breek nou die maalvleis in klein stukkies in die pan sodat dit eweredig kan verbruin. Braai dit vir so 15 minute.
 4 Roer die groente by en verhit dit tot deurwarm. Sit die vulsel eenkant sodat dit effens kan afkoel. Roer die kaas deur.
 5 Smeerdie snye aan een kant met botter. Sit een van die snye brood met die margarien kant na onder in die jaffelpan.
 6 Skepnou 3 eetlepels van die vleisvulsel op die brood. Sit ’n tweede sny brood bo-op met die botterkant boontoe, en knyp dit in die jaffelpan vas.
 7 Rooster dit vir sowat 5 minute direk op matige kole of tot die broodjie bruin en die kaas gesmelt is. Draai dit baie gereeld om.
 WegSleep sê:Hierdie is ’n matige kerrie. Vir ’n bietjie skop kan jy gekapte rissies byvoeg.

Ontbyt-jaffel
(Genoeg vir 4)
Braaityd: 5 – 10 minute
15 g (15 ml) botter
125 g strepiespek (streaky)
8 snye witbrood
45 g (50 ml) sagte botter
100 g cheddarkaas, gerasper
4 eiers
Smelt die 15 g botter in ’n pan. Voeg spek by en braai tot bros. Dreineer op kombuispapier. Smeer elke sny brood aan een kant met sagte botter. Plaas ’n sny brood met gesmeerde kant na onder in ’n jaffelpan. Die botter sal keer dat die brood in die pan vassit. Plaas gerasperde kaas in die middel en druk effens plat. Sit van die spek op en breek ’n eier versigtig oop bo-op. Maak seker dis in die middel. Sprinkel nog kaas bo-op en plaas die tweede sny brood met die gesmeerde kant na bo daarop. Maak pan toe en druk vas. Sny oortollige brood af. Maak ’n plaat op jou stoof warm en plaas die jaffelpan direk daarop.
Braai sowat 3 minute en draai om. Braai nog 3 minute en maak dan versigtig oop om te sien of dit bros en goudbruin word. Maak toe en braai verder – terwyl jy die pan omdraai – tot bros en goudbruin. Keer versigtig uit en hou warm eenkant. Herhaal met res van bestanddele

Melktert jaffles
Jy benodig:
150 ml melk
2 eiergele
20 g koekmeel
60 g suiker
5 ml vanielje geursel
8 snye witbrood
botter, vir smeer
kaneelsuiker
1. Klits 4 eetlepels van melk met die eiergele. Gooi die meel en suiker daarby en klits tot glad.
2. Verhit die orige melk oor lae hitte tot dit begin kook. Roer vinnig die eiermengsel daarby en hou aan roer tot verdik. Kook saam vir 1 minuut, roer aanhoudend. Die vla kan baie maklik aanbrand. Gooi die vanielje-geursel by en roer goed saam.
3. Botter die brood en sorg dat die gebotterde snye na buite wys. Skep van die melktertpap in die middel en bedek met nog ’n sny . Rooster in ’n jafflepan tot bros en goudbruin. Sprinkel kaneelsuiker oor en geniet dadelik.