Monday 5 October 2015

Amarula-en-aarbei-roomysbroodjie




Amarula-en-aarbei-roomysbroodjie

Maak: 2 broodjies
Bereidingstyd:
30 minute
Gaarmaaktyd:
5 minute

• 2 pakkies aarbeiroomkoekies (soos Strawberry Whirls)
• gekoopte of selfgemaakte bessie-coulis (of -sous)
• 2 liter vanieljeroomys, effens saggemaak
• 500 ml gekapte malvalekkers
• 30 ml botter
• 80 ml Amarula- of roomlikeur (of room as jy nie alcohol gebruik nie)
• pienk koskleursel
• 375 ml room

1 Voer die bodem en kante van ’n broodpan met bakpapier of aliminiumfoelie en voer dit dan met aarbeiroomkoekies. Drup ’n paar lepels bessie-coulis oor.

2 Bedek die koekielaag met ’n laag vanieljeroomys, gevolg deur ’n laag koekies en dan nog ’n laag Bessie-coulis. Sit dit in die vreiskas.

3 Smelt die malvalekkers en botter in die mikrogolfoond. Voeg die likeur (of room) en ’n drupel pienk koskleursel by en laat dit eenkant afkoel.

4 Klits die room en vou dit by die malvalekker-mengsel in. Giet dit oor die koekielaag en skep nog ’n laag roomys bo-oor. Bedek dit en vries dit, verkieslik oornag.

5 Keer die roomysbroodjie uit die pan en verwyder die bakpapier of foelie. Gebruik ’n skerp, warm mes om dit in snye te sny en sit dit voor.