Friday 11 September 2015

YSKAS LAAGTERT




YSKAS LAAGTERT
LEWER 1 TERT VAN 23 CM
Bereiding: 30 minute
Verkoeltyd: 3 uur

45 ml (3 e) vlapoeier
45 ml (3 e) mielieblom
1 eier
60 ml (¼ k) suiker
1 L (4 k) melk
1 blik (385 g) kondensmelk
2 pakkies (200 g elk) Tennisbeskuitjies
kaneel vir oorstrooi
  1. Meng die vlapoeier, mielieblom, eier en suiker met ’n bietjie melk om ’n pasta te vorm.
  2. Verhit die res van die melk en die kondensmelk in ’n kastrolletjie en voeg die vlamengsel by. Roer oor matige hitte tot die mengsel verdik het en kook.
  3. Pak ’n laag Tennis-beskuitjies in ’n tertbak van 23 cm en bedek met ’n laag vla. Herhaal die lae tot die vla op is.
  4. Eindig met ’n laag vla en strooi kaneel oor.
  5. Plaas 3 uur in die yskas om te stol.