Friday 11 September 2015

Spek-en-kaas-koekies



Spek-en-kaas-koekies
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd:
20 minute
Gaarmaaktyd:
10 minute

• sonneblom- of  kanola-olie
• 1 ui, fyngekap
• 250 g spek, fyngekap
• 200 ml koekmeel, gesif
• 5 ml bakpoeier
• 2 eiers, liggies geklits
• 45 ml melk
• 250 ml fyngerasperde cheddar
• 30 ml fyngekapte pietersielie
• aartappelwiggies, om voor te sit
• slaai, om voor te sit

1  Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en soteer die ui tot dit sag is. Voeg die spek by en braai dit vir ’n paar minute tot dit gaar is. Laat dit eenkant afkoel.

2  Meng die meel en bakpoeier, geur dit met sout en peper en maak ’n holte in die middel. Gooi die eiers en melk in die holte en roer dit kante toe tot die droë bestanddele net-net ingemeng is.

3  Voeg die kaas, pietersielie en spekmengsel by en meng dit net in. Verhit nog ’n bietjie olie. Braai lepels vol van die beslag vir ’n minuut aan ’n kant oor matige hitte gaar. Sit dit voor met aar-tappelwiggies en ’n slaai.