Tuesday 29 September 2015

Weet-Bix Blokkies




Weet-Bix Blokkies
Wie kan nou ’n soet blokkie weerstaan?

• ongeveer 20 blokkies
...
Bestanddele:
125 g (¼ blok) botter
250 ml (1 k) ligte bruinsuiker
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
1 ekstra groot eier
250 ml (1 k) bruismeel
knypie sout
4 stafies Weet-Bix, grof gebreek
125 ml (½ k) klapper
150 g bruin melksjokolade, grof gekap
60 ml (4 e) pekanneute, grof gekap

Versiersuiker:
375 ml (1½ k) versiersuiker
30 ml (2 e) kakao
50 ml (3 e + 1 t) kookwater
125 ml (½ k) pekanneute, grofgekap

• Stel oond op 180 °C.

Metode:
1. Smelt botter in kastrol. Verwyder van hitte.
2. Roer bruinsuiker en vanieljegeursel by.
3. Klits eier en voeg by bottermengsel.
4. Sif bruismeel en sout saam. Voeg Weet-Bix, klapper, sjokolade en pekanneute by. Roer goed deur.
5. Roer meelmengsel by gesmelte botter.
6. Voer vierkantige oondpan van 20 cm x 20 cm met bakpapier uit, asook langs twee van die sykante. Dit help om blokkies makliker uit te haal. Spuit goed met kossproei of smeer goed met botter.
7. Druk mengsel so gelyk moontlik met agterkant van lepel in oondpan vas.
8. Bak vir 18 minute of tot gaar in middel en toetspen skoon uitkom.

9. Versiersuiker:
Meng versiersuiker en kakao in bak. Roer kookwater by, maar nie alles op een slag nie. Voeg net genoeg water by om dik, maar loperige versiersuiker te maak.
10. Smeer versiersuiker bo-oor gebak. Sprinkel pekanneute bo-oor.
11. Laat versiersuiker stol en sny met skerppuntmes in blokke.

**Berg in lugdigte houer