Tuesday 29 September 2015

Spinasie-en-spekrolletjies




Spinasie-en-spekrolletjies

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd:
20 minute
Gaarmaaktyd:
20 minute
Oondtemperatuur:
200 °C

• 600 g spinasie
• 250 g strepiespek, gekap
• 1 middelslag-ui, fyn opgekap
• 125 g growwe maaskaas
• 125 g feta
• 60 ml gekapte vars pietersielie
• 3 groot eiers
• 2 rolle skilferdeeg
• slaai en tamatiesous om voor te sit

1 Kook die spinasie vir twee minute tot verlep. Dreineer goed en druk die orige water uit. Sny die spinasie op en sit in ’n bak.

2 Braai die spek tot net gaar. Skep uit, maar los die vet in die pan. Voeg die ui by en soteer tot sag. Roer die ui by die spek. Voeg die twee soorte kaas en pietersielie by. Klop twee eiers en roer by die mengsel. Geur na smaak.

3 Rol die deeg uit en sny elke rol in drie reghoeke. Skep vulsel in die middel van elke reghoek af. Klop die orige eier en verf om die kante van die deeg. Vou die deeg oor die vulsel om ’n rolletjie te vorm en druk vas om te seël. Pak op gesmeerde bakplate en verf eier bo-oor. bak in die verhitte oond vir 20 minute of tot goudbruin. Sit voor met slaai en tamatiesous.