Friday 25 September 2015

VLAKOEK



VLAKOEK- Jana Wege
(beproef)
...
250 gram botter of margarien
375 ml suiker
4 eiers
2 teelepels vanilla


Klits alles saam tot lig en romerig so 10 – 15 minute.

SIF SAAM3 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
koppie melk (sit so 30 sekondes in mikrogolfoond dat dit nie yskoud is nie)

Gooi helfte van meelmengsel by eiermengsel terwyl menger loop.
Gooi melk by en klits verder.
Gooi res van meel by en klits net tot goed gemeng.
Moenie te veel klits na bakpoeier by is nie dit veroorsaak rysgate.
Spuit 2 x 23 cm ronde panne en verdeel deeg daarin.
Bak 25 - 28 minute by 180°C tot gaar. Keer uit op draadrak en laat afkoel.

Vir Vlakoek gaan jy net een laag gebruik. Koek vries goed so jy kan ander helfte vries of versier.
Ek bak soms een ronde koek en kolwyntjies met res van die deeg.

Wanneer koek heeltemal af gekoel het sny koek in helfte. Gebruik dik gare hiervoor.

VLAVULSEL500 ml melk
1 koppie strooisuiker
80 ml vla
sout

Maak vla met bogenoemde bestanddele.
Wanneer vla gaar is klits 125 gram margarien in vla. Klits tot alles gesmelt is.
Laat afkoel. Plaas helfte van deurgesnyde koek op mooi bord. Gooi helfte van vla vulsel oor.
Plaas ander helfte van koek bo-op en gooi res van vla oor. Laat bietjie aan kante afloop.
Krummel paar tennisbeskuitjies bo-oor.
Ek het ook geroosterde klapper oor gestrooi.