Friday 25 September 2015

DONKER SJOKELADE -EN- LEMOEN MOUSSE




DONKER SJOKELADE -EN- LEMOEN MOUSSE
Diabeet Vriendelik

Lewer 4 porsies
...
SJOKELADE MOUSSE
180 gram DONKER sjokelade, grof gekap
125 ml dik vars room
1 eier, geskei
Ekwivalent van 30ml suiker, jou versoeter (Xylitol of joune) (proe of dit soet genoeg is vir jou) (Moenie gewone suiker gebruik nie!)

LEMOEN MOUSSE
125 ml dik vars room

Ekwivalent van 30ml suiker, jou versoeter (Xylitol of joune) (proe of dit soet genoeg is vir jou) (Moenie gewone suiker gebruik nie!)

60 ml onversoete lemoensap (ek gebruik die sap van die vars lemoen wat ek uitdruk)
Skil van 1 lemoen
2 Eierwitte

METODE VIR SJOKELADE MOUSSE
Meng die donkersjokelade en room in kastrol en verhit oor lae hitte, moenie laat kook nie, meng tot glad.
Haal van hitte af en klits eiergeel by. Giet in middelmatige bak en hou eenkant.
Klits jou versoeter en eierwit saam.
Vou dit liggies in die sjokelade mengsel in en sit in die yskas vir 3 ure.

METODE VIR LEMOEN MOUSSE
Klits room en versoeter en die helfte van die lemoenskil saam in 'n groot bak totdat dit begin verdik.
Voeg nou die lemoensap by en klits tot dit ietwat dikker is.
Klits eierwitte in 'n medium bak tot dit punte vorm en vou by die lemoenmengsel in.

Gebruik 4 mooi glase en plaas die lemoen en sjokelade mousse daarin, begin met die sjokelade mousse.
Rond af met ekstra lemoenskil.

6 gram Carbohydrates per glas