Wednesday 30 September 2015

TUNA- EN PASTASLAAI-RESEP





TUNA- EN PASTASLAAI-RESEP
Bestanddele
• 250 g (½ pak) klein skulpiepasta
• 10 ml (2 t) olie
• 5 ml (sout)
• 1 ui, fyn gekap
• 2 selderystingels, fyn gekap
• ½ rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
• ½ groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
• 312 ml (1 ¼ k) mayonnaise
• 187 ml (¾ k) griekse jogurt
• 1 ml sout
• swartpeper na smaak
• 340 g (2 X 170g) tuna, gedreineer
• 6 eiers, hard gekook en afgedop
• blaarslaai

Metode
1 Kook pasta in borrelende water waarby sout en olie gevoeg is tot al dente.
2 Dreineer en spoel pasta af. Roer bietjie olie deur sodat pasta nie aanmekaar kleef nie. Hou eenkant.
3 Meng ui, seldery, soetrissies en pasta in mengbak.
4 Roer mayonnaise, jogurt, sout en peper bymekaar tot goed gemeng. Roer by bestanddele in mengbak.
5 Sny eiers in skywe of kap in klein blokkies.
6 Roer tuna en eiers liggies by. Moenie te veel roer nie.
7 Plaas blaarslaai in geskikte bord en skep tunaslaai bo-op.
8 Sit dadelik voor.