Wednesday 30 September 2015

All Bran en Sonneblomsaad Beskuit Resep




All Bran en Sonneblomsaad Beskuit Resep
(ook bekend as: Die Lekkerste Beskuit in die Land)
500g (2 k) Gesmelte Botter (nee, geen margarine vir my nie!)
500ml (2 k) Karringmelk...
15ml (1 groot e) Vanieljegeursel
840g (6 k) Koekmeelblom
50ml Bakpoeier
7ml Sout (ek gebruik gemaalde pienk Himalaja sout)

300g (1.5k) suiker (ek hou van sagte bruin suiker)
750ml (3 k) All Bran, effens fyngedruk
250ml (1 k) sonneblomsaad (ek gooi sommer pampoen pitte ook by)
Voorverhit die oond tot 180C. Voer oondpanne uit met bakpapier of smeer met botter.
Smelt botter en laat effens afkoel en roer an die karringmelk en vanieljegeursel by.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg suiker, All Bran en sonneblomsaad by. Ek voeg sommer 'n groot hand vol rosyne ook by...en 'n bietjie klapper en 'n bietjie semels en papawersaad. Meng goed.
Voeg dan die bottermengsel by die droë bestanddele en meng dit deur. Dit vorm ‘n redelike stywe deeg. Vorm dan bolletjies met die hand en plaas teen mekaar in die gesmeerde panne. Lek jou vingers af.
Bak vir sowat 60 minute of tot dit vir jou reg lyk. Laat dit afkoel en breek die bolletjies van mekaar los en pak op bakplate om uit te droog teen 100C