Wednesday, 16 September 2015

TUISGEMAAKTE GRONDBOONTJIEBOTTER HONDE-BESKUITJIES




TUISGEMAAKTE GRONDBOONTJIEBOTTER HONDE-BESKUITJIES

Die meeste honde hou van grondboontjiebotter.
Gebruik natuurlike of organiese grondboontjiebotter om te veel sout, suiker en preserveermiddels te vermy. Dis maklik en prettig om te maak - en kinders sal kan help.
...
Lewer sowat 30 beskuitjies
Bereiding: 20 minute
Baktyd: 20 minute

125 ml natuurlike of organiese grondboontjiebotter
250 ml water
30 ml olyfolie
375 ml volgraanmeel
375 ml witmeel

METODE:
1. Voorverhit oond 180 grade.
2. Meng die grondboontjiebotter, water en olie.
3. Voeg een koppie meel op 'n slag by om deeg te vorm.
4. Knie die deeg in 'n ferm bol en rol dit liggies op 'n meelbestrooide oppervlak uit tot 'n dikte van sowat 6 mm.
5. Sny in vierkante van 5 cm of gebruik 'n koekiesnyer.
6. Pak dit op 'n ongesmeerde bakplaat. Bak 20 minute.

**ONTHOU – NIE GEWONE GRONDBONE BOTTER NIE. Dit moet natuurlik of organies wees (te koop by Woolworths)♫