Wednesday, 16 September 2015

BOBOTIE ROLLETJIES




BOBOTIE ROLLETJIES
Dié lekkerny is vorentoe vingerkos, veral by die rugby. Jy kan dit ook met oorskietbobotie maak.

Genoeg vir: sowat 25 rolletjies
Bereidingstyd: 40 minute...
Gaarmaaktyd: 35 minute

BESTANDELE:
2 dik snye witbrood
150 ml melk
2 groot uie, gekap
15 ml olie en botter
3 knoffelhuisies
15 ml elk kerriepoeier en masala
5 ml borrie
10 ml elk komyn en koljander
3 naeltjies
2 ml peperkorrels
5 ml fyn wonderpeper
5 ml gedroogde kruie
2 lourierblare
800 g maalvleis
125 ml sultanas
100 g amandels, gerooster en grofgekap
30 ml elk perske- en tamatieblatjang
25 velle deeg Filo deeg (blokkies)
1 eier, geklits
olie vir diepbraai

METODE:
1. Week die brood in die melk.
2. Braai die uie in die olie en botter tot glansend.
3. Voeg die knoffel en speserye by en braai oor matige hitte vir 5 minute.
4. Laat effens afkoel.
5. Voeg dit by die maalvleis saam met die sultanas, neute, brood en blatjang, en meng.
6. Braai die vleismengsel stadig oor matige hitte vir 20 minute.
7. Laat heeltemal afkoel.
8. Vou die filo oop en vou die vel in die helfte en skep 'n groot lepelvol van die bobotie mengsel aan die onderpunt van die gevoude vel.
9. Bring die kante bymekaar en vou dit op - smeer met eier.
10. Bak in redelike warm olie en plaas op kombuis papier om oortollige olie te absorbeer.


OM IN DIE OOND TE BAK:
1. Vou die filo oop en smeer elke vel met botter en oliemengsel.
2. Vou die gesmeerde vel in die helfte en skep ‘n groot lepelvol van die bototie aan die onderpunt van die gevoude vel.
3. Bring die kante bymekaar en vou dit op.
4. Herhaal die proses en pak die rolletjies op ‘n gesmeerde bakplaat.

**Verf met bottermengsel en bak vir sowat 30 minute op 180*C of tot goudbruin en gaar