Thursday 17 September 2015

Tuisgebakte brood




Tuisgebakte brood
Geur jou brood gerus met ontpitte olywe, gekapte kruie, growwe sout of ’n paar songedroogde olywe.
Genoeg vir: 1 groot brood...
Bereidingstyd: 25 minute, plus rystyd
Baktyd: 25 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

Bestanddele:
• 550 g koekmeel, plus ekstra vir die knie
• 10 ml sout
• 15 g vars gis
• sowat 1½ liter louwarm water
• 45 ml olyfolie
1 Meng die meel en sout in ’n groot bak en maak ’n holte in die middel. Voeg die gis by 100 ml louwarm water in ’n maatbeker en roer om op te los. Voeg die giswater by die meel en voeg die olyfolie by.

2 Roer nou die water geleidelik by en hou aan roer tot die deeg bymekaar begin kom. Moenie al die water op een slag byvoeg nie – jy gaan dalk nie al die water nodig hê nie. Keer die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en knie tot sag en glad (sowat 5 minute). Sit die deeg in ’n goedgeoliede bak en bedek dit met kleefplastiek en ’n warm kombers. Sit dit op ’n warm plek waar daar nie ’n luggie trek nie om te verdubbel in volume (sowat 1½ uur).

3 Voorverhit die oond. Sit die brood in ’n broodpan, vorm ’n plat brood of vleg die deeg. Verf dit met eier, sprinkel met Maldonsout en bak dit vir sowat 25 minute. Toets of die brood gaar is deur dit aan die onderkant te klop – dit moet hol klink. Laat rus die brood vir 15 minute voor jy dit sny