Friday 4 September 2015

Suurlemoen-meringue-koek




Suurlemoen-meringue-koek
2L vanieljeroomys
1 suurlemoen-meringue-tert
1 klein blikkie grenadella-moes
los bodem koekpan

Smeer ‘n dik laag goeie vanieljeroomys onder in die koekpan. Keer die suurlemoen-meringue tert onderstebo op die laag roomys. Smeer nou weer ‘n dik laag roomys bo-oor die tert. Bedek met kleefplastiek en sit oornag in jou vrieskas. Haal die volgende dag uit en skep grenadella-moes bo-oor.