Friday 4 September 2015

Sjokoladetert




Sjokoladetert
(Bedien 6-8)
Kors
120 g botter
100 g strooisuiker
1 groot eiergeel
200 g koekmeel
50 g amandels, fyn gemaal
Vulsel
50 g botter
150 ml room
150 g donkersjokolade
Kors: Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die botter en suiker in ’n voedselverwerker. Voeg die eiergeel by. Voeg die meel en gemaalde amandels by en meng goed.
Haal deeg uit, plaas op ’n plat oppervlak en druk in ’n bal.
Voer ’n tertpan uit met bakpapier en druk die deeg daarin. Dit moet so 15 mm dik wees. Bak blind vir 25-30 minute en laat dit afkoel.
Vulsel: Sit die botter, room en sjokolade in ’n dubbelkoker en verhit stadig. Roer aanhoudend totdat alles gesmelt en gemeng het. Laat die vulsel afkoel en skep in tertdop.