Friday 4 September 2015

Dirk se Spek,Sampioene en kaas braai broodjie




Dirk se Spek,Sampioene en kaas braai broodjie
500 ml Koekmeelblom
20 ml bakpoeier...
125 g botter
150 ml melk
Knippie sout

Vulsel
Spek in stukkies gesny
Sampioene in stukkies gesny
3 kop gerasperde kaas
halwe kop botter
Halwe kop Wostersous
1/3 kop Balsamic asyn
1 Eier geklits met ‘n bietjie melk vir oor die broodjie
METODE:
Voorverhit ide oond tot 175°C
Spuit met spray n cook
Sif die meel, bakpoeier en sout saam
Vryf die botter liggies met die vingerpunte in die meelmengsel tot goed gemeng.
Sny die melk met ‘n slaplemmes in die meelmengsel in terwyl dit geleidelik in die straaltjie bygevoeg word. ‘n tamlike stywe deeg moet vorm maar baie sag. Rol die deeg op ‘n meelbestrooide deegplank uit in ‘n reghoek vrom.
Meng jou spek, sampioene en kaas, botter souse goed saam. Smeer mengsel ewe dik oor die deeg.
Rol die deeg soos ‘n rolkoek op. Plaas die rol in ‘n brood pannetjie. Sny die broodjie in skywe nie dwarsdeur nie trek die broodjies bietjie oop en gooi die eier en melk mengsel oor die broodjie en in die half oopgesnyde snytjies. Bak rol 20 minute of tot ligbruin op middelste oond rak.