Friday 4 September 2015

SPINASIE, SAMPIOEN EN SALAMIE QUICHE





SPINASIE, SAMPIOEN EN SALAMIE QUICHE
(dubbel gemaak vir die groot oondpan)
6 eiers (geklits)
½ kop cheddar kaas (gerasper)
1 ui (gekap)
1 houertjie sampioene (gekap)
500gr spinasie (grof gekap)
Sout en peper na smaak
1 wieletjie fetakaas in blokkies gesny of gefrimmel in stukkies
Salamie skyfies
Klits die eiers.
Rasper die kaas
Gooid die kaas en eiers bymekaar en meng
Braai ui, sampioene en spinasie tot sag
Pak salami onder in jou bak OF sny in stukkies en gooi in jou beslag, dit kan ook vervang word met gebraaide spek, hamblokkies, koue hoender of blokkies kouevleis
Gooi die spinasiemengsel oor.
Gooi die stukkies fetakaas oor
Gooi nou die eier en kaasmengsel oor, strooi nog bietjie kaas oor as jy wil en bak vir ongeveer 20min by 180C tot gaar of tot gestol in die middel