Friday 4 September 2015

Varksteaks met kaas-en-rooi-ui-bolaag




Varksteaks met kaas-en-rooi-ui-bolaag
GENOEG VIR 4 MENSE
 Bereiding: 15 min.
 Gaarmaaktyd: 20 min.
4 varksteaks
 sout en pas gemaalde peper
 2 knoffelhuisies, in skyfies gesny
 15 ml (1 e) olyfolie
 2 rooi-uie, in skywe gesny
 100 g mozzarellakaas
 10 g pietersielie, grof gekap
•Voorverhit die oond tot 230 °C.
•Plaas ’n draadrakkie op ’n bakplaat en spuit dit met kossproei.
1.Geur die steaks met die sout en peper en pak op die draadrakkie
2.Sprinkel die knoffel en olie oor die steaks en braai 10 minute in die verhitte oond. Haal die steaks uit die oond en pak die uie en mozzarella bo-op. Sprinkel die pietersielie oor en bak nog 10 min.
3.Sit die steaks voor saam met ’n ekstra vars rooi-ui en kapokaartappel indien verkies.