Friday 11 September 2015

Salami Brood




Salami Brood
LEWER 1 MIDDELSLAG-BROOD
Bereiding: 20 min.
Rystyd: 45 min.
Baktyd: 30-35 min.

10 g droë kitsgis
480 g koekmeel
30 ml (2 e) suiker
7 ml (1½t) sout
30 g botter, gesmelt
250 ml (1 k) bier
10 ml (2 t) mosterdpoeier
1 eier
125 ml (½ k) louwarm water
100 g salami, gekap
Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n bakplaat met kossproei.
  1. Meng die gis, meel, suiker en sout in ’n groot bak.
  2. Klits die botter, bier, mosterd, eier en water saam.
  3. Maak ’n dammetjie in die middel van die bak met die droë bestanddele en voeg die biermengsel by. Meng tot ’n sagte, elastiese deeg.
  4. Knie die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak en voeg die salami by.
  5. Plaas die deeg terug in die bak en laat sowat 30 minute tot dubbel die grootte rys.
  6. Knie die deeg af en vorm dit soos jy wil. Plaas dit op die bakplaat en laat weer sowat 15 minute rys. Bak 30-35 minute tot die brood hol klink wanneer jy daarop klop.