Tuesday 22 September 2015

SEEKOSPOTJIE




SEEKOSPOTJIE
Bestanddele
 250 ml Drostdy-Hof Chardonnay
 450 g gemengde skulpvis soos mossels en garnale, skoongemaak
 Sout en gemaalde swart peper
 15 ml olyfolie
 2 uie, in blokkies gesny of gekap
 2 selderystingels, gekap
 1 vinkelblom, dun gesny
 1 knoffelhuisie, fyn gedruk
 30 ml meelblom
 250 ml groente- of hoenderaftreksel
 Bouquet garni: 6 takkies pietersielie, 2 takkies tiemie en 2 lourierblare met ’n toutjie vasgebind
 500 g jong aartappels
 675 g wit vis, ontbeen en in filette gesny
 250 ml melk
 250 ml room
’n Handvol gekapte pietersielie of uiegras

Metode
 Maak vuur sodat daar genoeg kole is om ’n potjie te kook.
 1. Bring 125 ml van die Drostdy-Hof Chardonnay tot prut in ’n mediumgroot gietysterpotjie. Plaas die mossels en garnale in die vloeistof. Bedek en stoom vir 5 minute. Die garnale is gaar wanneer hulle ’n pienk kleur het. Gooi weg mossels wat nie oopgemaak het nie. Verwyder alles uit die potjie en sit eenkant, insluitende die vloeistof.
 2. Verhit die olie in die potjie en braai die uie, seldery, vinkel en knoffel liggies tot sag. Roer in die meel en braai vir 3 minute. Voeg stadig die oorblywende 125 ml wyn by terwyl jy roer. Laat prut.
 3. Voeg die aftreksel, bouquet garni en jong aartappels by.
 4. Sodra die aartappels sag is, voeg die vis, melk en room by. Laat prut vir 5 minute en sit die skulpvis en oorblywende vloeistof terug in die pot. Roer om te meng.
 5. Bring weer tot prut en verwyder van die hitte. Voeg sout en peper na smaak by, asook die gekapte pietersielie of uiegras. Bedien met warm korsbrood.