Tuesday 22 September 2015

KOOLSLAAI & GEBAKTE BONE SLAAI




VIR DIE GEBAKTE BONE
15 ml (1 e) olie
8 repies strepiespek
1 ui, in blokkies gesny
1 klein groen soetrissie, in blokkies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
2,5 ml (½ t) mosterdpoeier
2 blikkies gebakte bone in tamatiesous
60 ml (¼ k) koffie-en-melasse-braaisous* (sien resep onder)

125 ml (½ k) water

1 Verhit die olie in ‘n swaarboompot. Braai die spek tot goudbruin en bros en verwyder van die pot.
2 Braai die ui en soetrissie in dieselfde pot vir ongeveer 5 minute tot dit net begin versag. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
3 Voeg dan die res van die bestanddele by. Roer en bring tot kookpunt. Prut vir 30 minute, terwyl jy dit gereeld roer.
WENK As jy nie die koffie-en-melasse-braaisous wil maak nie, kan jy enige gebottelde braaisous gebruik.

VIR DIE KOOLSLAAI
halwe groot koolkop
1 klein groen soetrissie
2,5 ml (½ t) mosterdpoeier
30 ml (2 e) bruinsuiker
30 ml (2 e) olie
60 ml (¼ k) witwynasyn
sout en varsgemaalde swartpeper

1 Sny die kool in dun skyfies. Die groen soetrissie ook. Meng dit in ‘n mengbak.
2 Maak in ‘n ander mengbak die slaaisous deur die res van die bestanddele te meng, voordat jy dit oor die koolslaai gooi en goed meng.
3 Plaas dit in die yskas vir ten minste een uur voordat jy dit opdien.