Tuesday 22 September 2015

APPELKOOS-EN-HOENDER-SOSATIES-RESEP




APPELKOOS-EN-HOENDER-SOSATIES-RESEP
Bestanddele
•8 sosatiestokkies
•4 hoenderborsies, in blokke gesny
•12 klein uitjies, gehalveer
•1 groen soetrissie, ontpit en in blokke gesny
•410 g (1 blik) appelkooshelftes, gedreineer
•knypie sout en peper
Sous •60 ml (4 e) appelkoossap
•45 ml (3 e) blatjang
•125 ml (½ k) Caesar Vinaigrette-slaaisous
Metode
 Stel oond op 180 °C.
1 Week sosatiestokkies in water vir twee uur.
2 Ryg hoenderblokke, uitjies, soetrissie en appelkooshelftes beurtelings op sosatiestokkies.
3 Sprinkel sout en peper oor en sit in gesmeerde oondbak van ongeveer 34 cm x 24 cm groot.
4 Sous Meng bestanddele vir sous en giet oor sosaties.
5 Bedek oondbak met foelie en bak vir 30 minute. Verwyder foelie en bak nog 15 minute tot gaar.
6 Sit voor soos verkies.