Thursday 3 September 2015

Pizza-appeltert




Pizza-appeltert
1 pak skilferkorsdeeg
100 g strooisuiker
100 g amandelvlokkies
150 g botter, sag
1,25 ml amandelgeursel

2-3 Granny Smith-appels
Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas die botter, strooisuiker, amandelvlokkies en geursel in ’n voedselverwerker. Meng alles goed tot ’n gladde pasta. Sny die skilferkors in ’n groot sirkel en sit op bakpapier op ’n bakplaat. Smeer met die amandel­smeer. Skil die appels (ek hou van ongeskilde appels) en haal elkeen se kern uit. Sny appels in dun skyfies en pak dit op die sirkel. Plaas die tert in die oond en bak vir 25-30 minute of tot die kors bruin en appels sag is. Be­dien warm met geklopte room.