Thursday 3 September 2015

Eddie Smit - Karringmelk beskuit




Eddie Smit - Karringmelk beskuit

Maak nie saak of jy glad nie kan bak nie, hierdie resep kan nie flop nie.


Bestanddele:

3 x 500g bruismeel
2 teelepels bakpoeier
2 koppies suiker
500g margarien
1 eetlepel sout
3 eiers
500ml karringmelk

Meng (sif) droeë bestanddele saam. Klits eiers en karringmelk saam. Rasper die margarien en vryf by die meelmengsel by. Gooi eier en karringmelk mengsel by. Knie goed deur.
Genoegsaam vir een groot en een klein broodpan. Of sommer ‘n oondpan. Vorm balletjies omtrent so groot soos eiers en pak 3 langsmekaar. Andersins ‘n hele bol deeg bietjie gedruk na die kante toe, en sny in blokke wanneer helemal afgekoel.
Bak vir een uur teen 175 grade celsius. Droog uit teen lae hitte