Wednesday 2 September 2015

Ontbyt-parfait




Ontbyt-parfait
(Genoeg vir vier)

Bestanddele
ongegeurde dubbelroomjogurt
heuning
jou gunsteling-muesli
gestoofde vars appels

Metode: In ’n lang glas of (deurskynende glasbakkie); sit die muesli, dan jogurt, heuning en dan die appels in lagies. Eindig met ’n laag appels wat jy mooi rangskik.


Vir die appels:
4 tot 5 appels (afhangende van die grootte)
5 ml bruin suiker
’n klein knypie gemaalde kaneel (opsioneel)
30 ml water


Metode:
Plaas die water in ’n kleinerige pot (die appelstukke moet nie meer as twee diep in die pot pas nie).
Skil die appels en verwyder die stronke. Sny die appel in kwarte en elke kwart in drie repe.
Plaas die verwerkte appels in ’n bak, sprinkel suiker en kaneel oor tot goed gemeng (moenie te veel kaneel gebruik nie want dit kan die vars smaak van die appels heeltemal oorheers).
Plaas die appels in die pot en bring die water tot kookpunt. Sodra die water kook, verlaag die hitte tot die laagste moontlik en bedek met ’n styfpassende deksel.
Laat die appels 10 minute lank prut en roer liggies deur. Prut nog 5 minute, roer weer liggies deur en prut dan nog 5 minute.
Die appels moet sag maar nie ’n pappery wees nie. Wysig die totale stowe-tyd soos nodig.
Gebruik soos nodig en geniet.