Wednesday 2 September 2015

Son in jou tuin - Met Sonneblomme

Dis nou tyd om sonneblomme te plant in jou tuin vir 'n ongelooflike skouspel in die somer.
Al wat jy nodig het is 'n kolletjie in jou tuin met 'n oorvloed son.  Die saad kan sommer direk in die grond gegooi word.  Dis 'n wonderlike projek vir kinders aangesien die beloning groot is en hulle kan selfs die saadjies eers in die huis laat ontkiem om te sien hoe dit groei.  Uit eie ondervinding is die enigste en grootste probleem waarvoor jy moet uitkyk wanneer jy sonneblomme saai = slakke.  Hulle kan klein plantjies oornag laat verdwyn.  So hou maar dop en sprinkel 'n klomp fyngemaakte eierdoppe lekker dik rondom jou saailinge om hulle te beskerm.  (En onthou: Sit bietjie somer tyd vir ons fotos op ons FB blad van jou sonneblom tuin.)  Lekker tuinmaak.