Wednesday 2 September 2015

’n Oulike houer vir jou juwele




’n Oulike houer vir jou juwele:
Sny ’n stukkie sagte geblomde lap die presiese grootte van die botteltjie. Verf die botteltjie se buitekant lekker dik met Heritage Modge Podge.
Plak die lap se verkeerde kant versigtig vas van die een kant af. Vryf al die lugborreltjies en oortollige gom saggies met jou vingerpunt na die kante toe uit. Maak seker die lap maak deeglik kontak met die botteltjie se oppervlak. Indien jy te min of geen gom op plekke gehad het, sal die lap agterna oplig en jy sal alles moet oordoen. Die borrels wat in dié geval gevorm het, kan nie agterna reggemaak word nie. Verf nog ’n dun laag Modge Podge bo-oor die lappie nadat dit effens winddroog geword het. Seël wanneer die botteltjie droog is met Heritage Hard Varnish of PU7 Varnish. Rond af met ’n lintjie.