Wednesday 2 September 2015

GLUTENVRYE WIT EN DONKER RYSKOEK




GLUTENVRYE WIT EN DONKER RYSKOEK
Hier is dalk 'n koek vir ons wat so sukkel met gluten...

WIT EN DONKER SJOKOLADE RYS KOEK
Lewer 1 middelslag-koek
Bereiding: 60 minute (kooktyd vir rys ingesluit)
Settyd: 3 uur, maar verkieslik oornag
 8 x 250 ml (8 k) melk
1 kaneelstok
500 ml (2 k) suiker
500 ml (2 k)
Spekko Pure White-rys, rou
5 ml (1 t) gelatien
100 g fyn amandels
10 ml (2 t) vanielje-ekstrak
180 g donkersjokolade
witsjokolade vir garnering

METODE:
Voer ’n 20 cm-veerpan met bakpapier uit.
Verhit die melk, kaneel en suiker in ’n diep kastrol tot die suiker opgelos het.
Voeg die rys by en kook oor lae hitte tot die rys sag en klewerig is. Sit eenkant tot afgekoel, maar nie koud nie.
Sit die gelatien in ’n klein glasbakkie, bedek met water en laat uitsit. Verhit dit ses sekondes in ’n mikrogolfoond.
Haal die kaneelstok uit die afgekoelde rys en voeg die gelatien, amandels en vanielje-ekstrak by. Verdeel die mengsel in twee ewe groot porsies.
Smelt die donkersjokolade en voeg dit by ’n porsie van die rysmengsel.
Skep ’n laag van die sjokoladerys in die koekpan en dan ’n laag van die wit rysmengsel. Herhaal die lae en eindig met witrys.
Laat set die koek drie uur of oornag. Keer dit op ’n koekstander of bord uit en garneer met die witsjokolade-skaafsels. Sit koud voor.