Monday 7 September 2015

’n-Bietjie-van-alles-muffins




’n-Bietjie-van-alles-muffins
Jy benodig:
250 g botterskorsie, gerasper
1 Granny Smith-appel, gerasper
15 ml sout
½ koppie olie
1 k klapper
½ k xylitol (suikervervanger)
½ k lynsaadmaal (flax)
½ k sonneblomsaad
½ koppie pampoensaad
30 ml heel lynsaad
200 g amandelmeel
5 ml bakpoeier
15 ml kaneel
½ k gewone jogurt
6 eiers
Maak só:
Verhit die oond tot 180⁰C.
Meng al die bestandele goed saam.
Skep in ’n muffinpannetjie en bak vir 40 min.
Druk ’n pen in die middel in om seker te maak dis nie meer klam nie.
Sit voor en geniet.