Monday 7 September 2015

Doop Souse




Doop Souse

Maklike Doopsous
1 koppie mayonaise
1/2 medium ui fyn gerasper...
1 eetlepel kondensmelk
1/2 koppie fyngerasperde kaas
Meng alles saam, verkoel en geniet.

Maklike Mosterd en Kondensmelk Doopsouse
Bestanddele:
125 ml kondensmelk
10 ml mosterd
30 ml asyn
15 ml botter (gesmelt)
sout en peper
Metode:
Meng bestanddele goed.Voeg nou gesmelte botter by en klop tot gladde mengsel.
Kaas en Mayo Doopsous:
Meng Mayonnaise, Gerasperde Kaas, Paprika en Gedroogte Pietersielie
Maaskaas Doopsous:
Houertjie maaskaas – deel dit in 2 bakkies –
1ste bakkie – gooi bietjie mayonnaise by, tuna, gerasperde kaas, gekapte ui, chutney sout en peper en meng goed.
2de bakkie – meng bietjie mayonnaise by, aangemaakte mosterd, gekapte ui, agurkies fyn gekap, sout en peper en bietjie droe pietersielie.
KAAS-EN-MOSTERD DOOPSOUS:
125 ml gerasperde cheddar kaas
250 ml room
45 ml franse mosterd
Meng al die bestanddele tot glad en verkoel
BLOUKAAS DOOPSOUS:
125 gr bloukaas
125 gr roomkaas
125 ml suurroom
30 gr gemalde amandels of macadamia neute
30 ml gekapte grasuie
15 ml brandewyn
3 ml droe mosterdpoeier
Verpulp al die bestanddele in voedselverwerker
HAM-EN-BLATJANG DOOPSOUS:
250 gr ham
125 ml mayonaise
125 ml suurroom
40 ml blatjang
5 ml kerriepoeier
2 ml suurlemoensap
Verpulp alles saam
MOSSEL DOOPSOUS:
2 blikkies gerookte mossels
250gr maaskaas
15 ml suurlemoensap
200 ml suurroom
sout en peper
Verpulp alles saam
ADVOKADO DOOPSOUS:
2 ryp advokadopeer
15 ml suurlemoensap
250 gr gladde maaskaas
3 ml tobascosous
60 ml mayonaise
30 ml gekapte pietersielie
sout en peper
Verpulp alles saam
VINNIGE DOOPSOUS
250 ml room
250 ml ongegeurde joghurt
34 g wit uiesop poeier
Meng alles saam en laat `n rukkie staan vir die geure om te ontwikkel. Vir `n gesonder weergawe gebruik 500 ml joghurt en laat die room uit.
UIE DOOPSOUS
190 ml room
45 ml mayonnaise
250 g korrelrige maaskaas
5 ml fyngerasperde ui
knippie rooipeper
1 ml Aromat
Meng alles deeglik saam en verkoel ten minste 30 minute voor bediening.
DRIE MAKLIKE DOOPSOUSE
Jy benodig:
3 bakkies room- of gladde/chunky maaskaas
sout en peper na smaak
’n hand vol gekapte pietersielie
1 eetlepel groenpeperkorrels
1 teelepel paprika
100 g parmesaankaas, fyngerasper
1 takkie roosmaryn, fyngekap
Só maak jy
1 Klits jou kaas met ‘n vurk tot sag. Skep die houertjies room- of maaskaas elkeen in ’n aparte bakkie uit en roer elkeen totdat dit glad is.
2 Net vir die smaak. Sprinkel ’n bietjie sout en peper oor elke bakkie en meng dit goed deur.
3 Tjoptjop ’n trio. Meng die pietersielie by die eerste bakkie in, die peperkorrels en paprika by die tweede bakkie en die parmesaankaas en roosmaryn by die derde bakkie.
Ina paarman se Olive and Rosemary werk ook baie lekker.