Tuesday 29 September 2015

Maklike spinasie-en-spekslaai




Maklike spinasie-en-spekslaai
Genoeg vir 2

Bestanddele:
 200 g swoerdlose spek (of sowat 4 repies per persoon)
 100 g fyn Franse boontjies
 100 g langsteel-broccoli
 sowat 50 g baba-spinasie en ander jong blare
 halwe avokado, in skyfies gesny
 gekapte slaai- of rooi uie, om te garneer
 growwe peper
Vir die slaaisous:
 Meng 1 E korrelmosterd met 1 fyngekapte knoffelhuisie, 3 E olyfolie en 20 ml rooiwynasyn.
Metode:
 1. Braai die spek tot lekker rooibruin, haal uit die pan en klad met kombuispapier om die olie te verwyder/verminder.
 2. Stoom intussen die boontjies en broccoli tot heldergroen en net-net gaar.
 3. Rangskik die spinasie en blare tussen twee borde.
 4. Verdeel nou die groente tussen die twee borde, gevolg deur die spek en avokado.
 5. Sprinkel die gekapte uie na smaak oor, geur met peper en bedrup met die slaaisous.