Spinasie-en-feta-brood
Bestanddele
1 brood
bietjie olie
1 ui, fyngekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
300 g (1 bos) spinasie, fyngekerf
knypie swartpeper
2 skywe fetakaas, gekrummel
500 ml (2 k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
2,5 ml (½ t) Cerebos-sout
1 ml neutmuskaat
5 ml (1 t) paprika
2 eiers
250 ml (1 k) louwarm melk
100 ml (6e + 2t) olie
Metode
Stel oond op 180 °C.
1 Verhit olie en soteer ui en knoffel tot ui sag is.
2 Voeg spinasie by. Plaas braaipan se deksel op en stoom vir drie tot vier minute of tot spinasie sag is.
3 Roerbraai spinasie nog ‘n rukkie en geur met bietjie peper.
4 Laat spinasie effens afkoel en voeg feta by.
5 Sif koekmeel, bakpoeier, Cerebos-sout, neutmuskaat en paprika saam.
6 Klits eiers en voeg bietjie melk by. Klits tot goed gemeng.
7 Roer oorblywende melk en olie by.
8 Roer spinasiemengsel by koekmeelmengsel. Voeg melkmengsel stadig by terwyl tot deeg geroer word.
9 Skep deeg in gevoerde broodpan van 10 cm x 24 cm groot.
10 Bak vir 55 minute of tot toetspen skoon uit die middel kom.
11 Laat bietjie in pan afkoel en keer versigtig uit.
12 Laat heeltemal op draadrakkie afkoel en sit in skyfies saam met botter voor.