Tuesday 29 September 2015

KERSFEES-KOEKSTRUIF




KERSFEES-KOEKSTRUIF
8 porsies

2 gekoopte rolkoeke...
80 g (1 pakkie) groen jellie
80 g (1 pakkie) rooi jellie
410 g (1 blik) pere, gedreineer
30 ml (2 e) brandewyn
500 ml (2 k) baie dik vla
100 g (1 pakkie) pekanneute, gekap
250 ml (1 k) room
375 g (1 blik) karamelkondensmelk

1. Maak twee kleure jellie in aparte bakke aan soos aanwysings op pakkie. Laat in yskas stol.
2. Sny pere in kleiner stukkies.
3. Sny rolkoek in skywe en sit onderin glasbak.
4. Sprinkel bietjie brandewyn oor koek¬skywe.
5. Sny groen jellie in stukkies in bak waarin dit is. Skep helfte van jellie op rolkoeklaag.
6. Skep helfte van vla bo-op, gevolg deur helfte van rooi jellie wat ook in blokkies gesny is.
7. Skep helfte van pere bo-op.
8. Klits room styf en roer kondensmelk daarby tot glad. Skep helfte van roomlaag bo-oor.
9. Sprinkel neute bo-oor. Herhaal op dieselfde manier met oorblywende bestanddele.

Wenk: Dit kan ook in individuele bakkies vir elke gas gemaak word. Gebruik dan metode net een keer