Tuesday 1 September 2015

Lente Ontbyt:




Lente Ontbyt:
Wat gaan jy nodig hê?
4 groot eiers plus 2 groot eierwitte
sout en varsgemaalde swartpeper
4 (20 cm) volgraan-tortillas
4 e bokmelkkaas
100 g babaspinasie (sowat 6 koppies)
1 t kanola-olie
1 medium tamatie, saadjies verwyder en fyngekap (sowat 1 koppie)
1 avokado, fyngekap
1 e vars dilleblare, gekap
En so sit jy dit aanmekaar…
1.Klop die eiers, eierwitte en ’n knippie sout en peper in ’n medium bak.
2.Sit die tortillas op ’n mikrogolfbestande bord en bedek dit met klam kombuispapier. Mikrogolf dit op hoog vir 30 sekondes tot net warm en buigbaar.
3.Smeer 1 eetlepel bokmelkkaas op elke tortilla; bedek met spinasie.
4.Verhit olie vir 1 minuut in ’n kleefvrye pan. Voeg die eiermengsel by. Kook vir  2 minute tot dit net begin set, roer liggies. Verwyder van hitte; voeg die tamatie, avokado en ¼ t sout by.
5.Verdeel die warm eiermengsel tussen die tortillas. Garneer met dille, vou dan in die helfte.
(Elke Porsie Sowat 1 380 kJ, 16 g proteïene, 29 g koolhidrate,16 g totale vet (4 g versadigde vet), 6 g vesel, 191 mg cholesterol.)