Monday 31 August 2015

'n Bietjie verf hierdie lente maak heeljaar mooi

Kikker 'n vaal hoekie in jou tuin op met verf.  Dis ongelooflik die groot verskil wat 'n bietjie verf doen aan die algehele voorkoms van jou huis.  Jy kan doen wat jy wil, as jou huis, tuinmuur (ja VERAL daai tuinmuur) of tuinhuisie nie mooi geverf is nie, sal jy nie die vreugde daaruit kry nie.  Net 'n bietjie verf en 'n paar mooi potte vol plante / blomme en siedaar jy het 'n prag woning waarop almal trots kan wees.