Tuesday 1 September 2015

Murgpampoentjie-en-suurlemoensmeerkoek




Murgpampoentjie-en-suurlemoensmeerkoek
Dit klink dalk of hierdie koek ongewoon is, maar die geure komplementeer mekaar perfek in ’n ongelooflike kombinasie.
Genoeg vir 8.
Jy het nodig:

Koekbeslag:
■ 3 ekstragroot eiers
■ 200 ml kookolie
■ 225 g strooisuiker
■ 350 g bruismeel
■ 5 ml koeksoda
■ 5 ml bakpoeier
■ 400 g murgpampoentjies, gerasper
■ 100 g rosyntjies

Vir die versiersel:
■ 250 g roomkaas
■ 100 g versiersuiker, gesif sap van 1 lemmetjie
■ 1 vanieljepeul, oopgesny en saadjies verwyder
■ 100 ml suurlemoensmeer (tuisgemaak indien moontlik)

Só maak ’n mens:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer en voer die bodems van twee 22 cm-koekpanne uit.
2. Maak die koek: Klop die eiers, olie en suiker saam tot ligkleurig, dik en donsig. Sif die droë bestanddele saam en vou by die eiermengsel in.
3. Roer die gerasperde murgpampoentjies en rosyntjies in. Giet die beslag in die voorbereide panne en bak vir 30 minute of tot effens goudbruin en ferm as jy daaraan raak.
4. Versier en sit aanmekaar: Om die versiersel te maak, meng al die bestanddele saam (buiten die suurlemoen-smeer). Moenie die roomkaas te veel roer nie. Smeer die roomkaasversiersel oor elke laag. Smeer ook ’n paar ruim skeppe suurlemoensmeer oor. Pak die lae op mekaar. Plaas in die yskas tot ferm of sit net so voor.
Wenk: Smeer suurlemoensmeer oor die koek en versier met vars vyhelftes (indien in seisoen).