Friday 25 September 2015

Groente-lasagne




Groente-lasagne

 Bereiding: 40 minute
Gaarmaaktyd: 40 minute

TAMATIESOUS
15 ml (1 e) olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gesny
2 blikke (400 g) gekapte tamatie
45 ml (3 e) elk vars gekapte basilie en origanum
sout en peper na smaak
SPINASIEKAAS
4 knoffelhuisies, fyn gedruk
200 g spinasie, fyn gesny
15 ml (1 e) olie
250 g (1 bakkie) maaskaas
2 eierwitte, effens geklits
knippie neutmuskaat
500 ml (2 k) mozzarellakaas, gerasper
GROENTE-EN-PASTA LAE
1 eiervrug, in skywe gesny
8 spinasiepastavelle
250 g bruin sampioene, in skyfies gesny en gebraai
20 g parmesaankaas vir bo-oor strooi

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondbak.

TAMATIESOUS Verhit die olie en roerbraai die ui en knoffel tot sag. Voeg die tamatie en kruie by, verlaag die hitte en laat prut tot geurig en nie meer waterig nie. Hou eenkant.
SPINASIEKAAS Roerbraai die knoffel in ’n bietjie olie tot sag. Voeg die spinasie by en verhit tot verwelk. Laat afkoel. Plaas in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad. Voeg die maaskaas en eierwitte by en geur goed met neutmuskaat, sout en peper. Roer die helfte van die mozzarellakaas by.
GROENTE-EN-PASTALAE Verf die eiervrugskywe met olie, plaas op ’n bakplaat en oondbraai sowat 15 minute tot sag, maar nie droog nie.
Doop die pastavelle een vir een in kookwater tot effens versag.
Giet ’n bietjie tamatiesous onderin die bak. Pak lae pasta, spinasiekaas, eiervrug, sampioene en weer tamatiesous. Herhaal die lae en eindig met spinasiekaas.
Sprinkel die orige mozzarella en die parmesaan oor en bak sowat 40 minute tot goed gaar.
Sit voor met ’n groenslaai indien verkies.