Friday 25 September 2015

Biefburger met blatjang





Biefburger met blatjang

 Genoeg vir 4 – 6
Bereiding: 10 min.
Verkoel: 30 min.
Gaarmaak: 10 min.

500 g fyn beesvleis
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, grof gekap
15 ml (1 e) fyn koljander
10 ml (2 t) fyn komyn
2 eiers
125 ml (½ k) broodkrummels
’n hand vol pietersielie
sout en peper na smaak
Piekel
15 ml (1 e) botter
15 ml (1 e) olyfolie
2 uie, in dun skywe gesny
4 tamaties, gekap
15 ml (1 e) bruinsuiker
2 knoffelhuisies, fyngedruk
10 ml (1 t) paprika
1 Franse brood, in skywe gesny
’n hand vol koljander

Meng al die bestanddele vir die biefburgers in ’n groot mengbak en verkoel 30 min. of oornag in die koelkas.
Vorm balle uit die mengsel en druk dit effens plat. Verseël die burgers in ’n pan oor hoë hitte en plaas dit op ’n bakpan in die oond om verder gaar te raak.
Piekel: Verhit die botter en olyfolie oor matige hitte in ’n pan en braai die uie tot sag. Voeg die tamaties en suiker by en laat prut 5 min.
Voeg die knoffel en paprika by en roer tot gemeng. Pak die vleiskoekies en koljander op ’n sny Franse brood.