Tuesday 15 September 2015

GEBOTTELDE CHAKALAKA




GEBOTTELDE CHAKALAKA:
BENODIG:
4 wortels gerasper
2 uie in repies gesny
200g kool gekerf...
6-8 vet rooi rissies gekerf [met pitte in]
1 groen soetrissie[ in blokkies gekap]
5ml paprika
5ml borrie
15ml kerriepoeier

100ml suiker
1 blikkie gekapte tamaties
50ml asyn
1e appelkooskonfyt
50ml water
MAAK SO:
Braai uie en soetrissie in olie tot mooi sag.
Voeg wortels, kool, rissies,paprika, borrie, kerrie,en roerbraai tot groente sag is en gaar.
Voeg dan jou tamatie, suiker, appelkooskonfyt, asyn en jou water by en prut vir so 10min.[ roer want dit kan maklik brand]
Bietjie sout en peper en bottel dit dan warm.
Sorg net dat daar geen lugblassies in botteltjies is nie!!!