Tuesday 15 September 2015

Drie vinnige toebroodjie-idees




Drie vinnige toebroodjie-idees

Klubtoebroodjie
Jy het drie snye witbrood, goeie mayonnaise, vier snye gerookte hoenderbors, agt repe brosgebraaide strepiespek, tamatieskywe en langblaarslaai nodig. Rooster die snye brood liggies en smeer dit rojaal met mayonnaise. Pak skyfies hoender en slaaiblare op die eerste sny, gevolg deur nog ’n sny brood, dan spek, blaarslaai en tamatie. Bedek dit met die laaste sny roosterbrood. (Jy kan ’n ekstra laag met skywe avokado byvoeg, indien verkies. Vir variasie kan jy ’n bietjie fyngekapte koljander en rissiesmeer by die mayonnaise meng.)

BLT
’n ‘Bacon-Lettuce-Tomato’ is dieselfde as ’n klubbroodjie, maar bevat nie hoender nie.

Kerriehoender-en-bosbessie
Meng 250 ml fyngemaakte gaar hoender met 65 ml mayonnaise, 20 ml gekapte droë bosbessies, een gekapte sprietui, 3 ml kerrie- masalapoeier en 20 ml gekapte seldery. Smeer dit op brood van jou keuse.